Demografie van Andorra

Die ligging van Andorra in Europa.

Hierdie artikel handel oor die demografiese aspekte van die bevolking van Andorra, insluitend bevolkingsdigtheid, etnisiteit, opleidingsvlak, gesondheid van die bevolking, ekonomiese stand, godsdienstige affiliasie en ander aspekte van die bevolking.

Bevolkingspiramide van Andorra

Andorrese wat etniese Katalaans van oorspring is, is in die minderheid in hulle eie land; Spanjaarde, Franse, en Portugese inwoners maak 67.7% van die bevolking uit.

Die amptelike taal is Katalaans, 'n Romaanse taal verwant aan die Wes Romaanse groep. Dit word gepraat deur 12 miljoen mense in die nabye gebiede. Spaans, Frans, en Portugees word ook gepraat.

Andorrese is woonagtig in sewe verstedelikte valleie wat Andorra se sewe politieke distrikte of gemeentes (parròquies) vorm:

  • Andorra la Vella
  • Canillo
  • Encamp
  • Escaldes-Engordany
  • La Massana
  • Ordino
  • Sant Julià de Lòria

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search